CVO Brandwag Golf Dag

CVO Brandwag Gholfdag Uitnodiging

Monthly Archives: August 2010

CVO Brandwag NIE betrokke in Staking

Ons is dankbaar om te meld dat CVO Brandwag se onderwysers nie betrokke is in die staking wat ons land so pla nie. Ons kinders kan nogsteeds kwaliteit onderrig ontvang in die veiligheid van ons skools. Ons is baie dankbaar vir ons getroue onderwysers in die geval.

3de Kwartaal eksamens het begin

Die jaar se 3de Kwartaal eksamen het begin, en ons leerders is hard aan die werk. Sterkte almal

Landloop sukses

Dean Rossouw het gekwalifiseer vir Landswye Landloop Byeenkoms. Ons is baie trots op hom !

Bybelvasvrae op Radio Pretoria

Loesje Mann gaan Vrydag 28 Augustus deelnaam aan Bybelvasvrae op Radio Pretoria, ons wens haar sterkte toe.

7 Aug – Slim koppe stamp kop. Skaak kompetisie sukses

Sjarko Denysschen het tydens Saterdag se skaak kompetisie sy afdeling gewen. Geluk ook met Marisja Denysschen en Franzoa de Klerk wat saam met Sjarko deurgedring het na die LANDSWYE Skaakkompetisie