CVO Brandwag Golf Dag

CVO Brandwag Gholfdag Uitnodiging

Geskiedenis en kultuur

Kultuurfees 2013

Baie geluk aan ons 6 deelnemers – julle het baie goed gevaar. Ons is trots op julle.

100_1220

Agter links:  Denicha Viljoen Gr.6,  Charlene du Toit Gr. 4,   Aston Oosthuizen Gr. 6

Voor links:  Marihette Greyling Gr. 2,  Tyrone Jacobs Gr. 2, Charlene Olivier Gr. 1

Kuns en Kultuur

Meer informasie binnekort

Continue reading

Willem Prinsloo uitstappie

Volle informasie om binnekort te volg.

Continue reading

Kultuur kompetisie 26 Feb 2010

Kultuurdag kompetisie was gehou in herdeking van Majuba dag. Kyk na die mooi kunswerke wat ons kinders ingehandig het.

Continue reading

Krugerdag

Paul Kruger Fees 2009

Paul Kruger Fees 2009

Kruger het n baie spesiale verbintenis met Krugersdorp. Nie net is die dorp na hom vernoem nie, maar ook is Oom Paul se monument, die Paardekraalmonument, in Krugersorp.
Paul Kruger se verbintenis met Paardekraal.

Paul Kruger op koets

Paul Kruger op koets

Op 8 Desember 1880, na die verlies van vryheid, roep Paul Kruger die volk byeen te Paardekraal.

Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doe nom hulle vryheid te herstel. Op ‘n voorstel van Paul Kruger het die burgers ‘n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.

Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881.
Van 13 tot 16 Desember 1881, hou ‘n dankbare volk ‘n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.

In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om ‘n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.

In Desember 1891 is ‘n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.
n Danbare volk, onthou sy helde.

Sedert 2007 herdenking die Paardekraal Verkenners die geboortedag van President Paul Kruger. Hierdie herdenking het in 2008 n hoogtepunt bereik met n volksfees wat by die Paardekraalmonument gehou is.

In 2009 sal daar weereens n volksfees ter herdenking van President Paul Kruger gehou word te Paardekraal. Volksgenote word vriendelik uit genooi na hierdie feestelike dag.

Kultuurdag te CVO Pretoria

Leerlinge van CVO Brandwag het deelgeneem aan die kultuurdag wat gehou is by CVO Pretoria. Alhoewel die kompetisie straf was, het ons leerlinge goed gevaar met verskeie goue en silver pryse.

 

picture-0026

picture-0022

picture-0019

picture-0010