CVO Brandwag Golf Dag

CVO Brandwag Gholfdag Uitnodiging

Entrepreneursdag

Ons kinders sien elke jaar so uit na hierdie feestelike dag. Dit is ‘n gereelde instelling wat plaasvind in September. Dit is natuurlik vir die kinders ‘n fees maar nie vir die mammas en pappas nie, dan is daar ‘n duik in die beursie. Entrepreneursdag - ons jaarlikse pretdag

Gelukspakkies

Gesigverf

Kettieskiet

Kosstalletjies

Mini Dougnuts

Paintball

Pop 'n Ballon

Roomys

Skyfskiet

Spookasem

Tuinwurms en handgemaakte items

Kultuurfees 2013

Baie geluk aan ons 6 deelnemers – julle het baie goed gevaar. Ons is trots op julle.

100_1220

Agter links:  Denicha Viljoen Gr.6,  Charlene du Toit Gr. 4,   Aston Oosthuizen Gr. 6

Voor links:  Marihette Greyling Gr. 2,  Tyrone Jacobs Gr. 2, Charlene Olivier Gr. 1

CVO Brandwag Golf Dag

CVO Brandwag Gholfdag Uitnodiging

Majuba Fees 2013


Die 2013 fees sal geskied vanaf Vrydag, 22 Februarie, tot en met Sondag, 24 Februarie 2013.

Die voorlopige program vir Majuba 2013:

Vrydagaand:
Oudergewoonte sal daar vir die jongspan (en die jong van gees) ’n fakkelloop teen die berg op wees.

Saterdag:
Opening en vlagparade
Perdekommando-optrede
Verwelkoming
Groeteboodskappe uit Europa
Feesrede
Bergbestyging
(Intussen word die Reuse Vierkleurvlag oopgerol!)
Die GHA bied weer ’n medalje teen R25.00 vir die eerste 100 klimmers wat die berg geklim het. Dit is ’n spesiale medalje om ook Groot Trek 175 te herdenk. Klim dus vinnig!

Die Groot Trek 175 Jaar
Historiese vertelling op die berg
(Onthou ook om ’n Rand of tien saam te neem die berg op, aangesien daar koeldrank op die berg verkoop word)
Oprol van Reuse Vierkleur (Almal help!)
Musiekkonsert met Sunette Bridges
Cantile (vir die jongspan)
Cantus

Sondag
Erediens in die saal


Kontakbesonderhede:
Webwerf: http://majubafees.co.za/
E-pos: majubaberg@gmail.com
Plaasbestuur: 017 735 1962
Vriendelike Majuba-groete

Atleet deur tot Landswyd Landloop

Geluk aan Petro Pretorius (0/9) wat die Streek span gehaal het en na die Landswye byeenkoms deurgedring het.

Streek Landloop 1 Septemeber

Sterkte aan ons kinders wat 1 Sep 2012 aan die Streek landloop in Pretoria gaan deelneem.